Uitsaaitye :

Vanaf 15 April 2012
Premier Sondae om 19:30
Herhaal Maandae om 14:00,
Dinsdae om 10:30 en 00:00.

(Moenie agterna kom kla as jy dit nie gesien het nie.)
 

 


www.dinevanzyl.co.za
   

Slaphakskeentjies:

  

Bestanddele:

1 kg klein uitjies

2 t mosterd

1 t mielieblom

t borrie

k koue water

2 k bruin druiweasyn

k suiker

t sout

3 eiers

 

Metode:

Kook die uitjies tot dit gaar is maar steeds ferm.

Dreineer dit op n sif.

Maak die mosterd, mielieblom en borrie met koue water aan en roer.

Meng dit met die asyn en voeg dit saam met die suiker en sout in n kastrol.

Verhit stadig tot die suiker gesmelt het en laat dit kook.

Klits die eiers en voeg die asynmengsel stadig by.

Verhit die sous stadig en roer tot dit verdik.

Giet die warm sous oor die uie.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Mariana se frikkadelle:

  

Bestanddele:

2 snye bruinbrood

700 g maalvleis

k fyngekapte pietersielie

1 fyngekapte ui

  t fyn wonderpeper

t fyn koljander

t fyn kruinaeltjies

1 t fyn neutmuskaat

1 t sout

3 E wit asyn

1 k appelkoosblatjang

 

Metode:

Week die brood in water, druk dit uit en krummel dit in die maalvleis.

Gooi die fyngekapte pietersielie en ui by.

Nou kom die wonderpeper, koljander, fyn kruinaeltjies, neutmuskaat en sout by.

Voeg die asyn en appelkoosblatjang by en meng liggies in.

Rol frikkadelle, pak in n oondskottel en maak die kerrie-uiesmoor.

 

 

Kerrie-uiesmoor:

 

Bestanddele:

5 groot uie

2 E kookolie vir braai.

1 E kerriepoeier

1 E borrie

1 E mielieblom

k blatjang

k appelkooskonfyt     

 

Metode:

Sny die uie in groterige ringe.

Braai dit in kookolie tot dit glaserig is.

Meng die kerrie, borrie, mielieblom, blatjang en appelkooskonfyt en voeg dit by die uie.

Laat dit goed deurkook en skep daarvan onder in n oondskottel.

Pak die frikkadelle daarop en gooi die res van die kerrie-uiesmoor bo-oor.

Bak vir een uur teen 180 C.

 

 

 

 

 

Rosyntjiebrood:

 

Bestanddele:

louwarm water om te bedek

1 kg koekmeel

1 pakkie kitsgis

1 k suiker

2 t sout

knippie gerasperde neutmuskaat

knippie fyn kaneel

2 k louwarm water

4 E botter, gesmelt

1 k gewasde rosyntjies

 

Metode:

Meng die meel met die kitsgis, suiker, neutmuskaat en kaneel.

Voeg die louwarm water geleidelik by en meng goed.

Gooi die gesmelte botter by en knie tot die deeg elasties is.

Knie nou die rosyntjies in.

Maak twee broodjies op en laat dit rys tot dubbel die grootte.

As jy dit in die oond bak, doen dit teen 190 C vir 40 minute.

As jy dit in die kole bak, sorg dat jou hitte goed versprei is.

 

 

Pampoentert:

  

Bestanddele:

3 k pampoen

1 kaneelstok

1 E suiker

1 k meel

4 t bakpoeier

1 k suiker

4 E gesmelte botter

2 eiers

1 t sout

1 k room

kaneelsuiker vir strooi

 

Metode:

Kook die pampoen met die kaneelstok en suiker, tot dit sag is en drooggekook het.

Druk die pampoen fyn. Roer die meel, bakpoeier, suiker, botter en sout by.

Laastens kom die room by.

Meng goed, gooi in n gesmeerde oondskottel en strooi kaneelsuiker oor.

Bak vir 30 minute teen 180 C.

 

 

 

 

Koekstruif met muskadel:

 

Bestanddele:

1 pakkie rooi jellie

1 pakkie groen jellie

1 sponskoek

4 E appelkooskonfyt

k muskadel, of meer

1 k heel groenvyekonfyt, opgekap

20 verglansde kersies, opgekap

k okkerneute, fyn gekap

2 k stywe vla

 

Metode:

Maak die rooi en groen jellie in aparte bakkies en laat gedeeltelik stol.

Sny die sponskoek in blokke en pak onderin die bak.

Smeer appelkooskonfyt bo-oor en skink bietjie muskadel oor.

Skep die rooi jellie bo-oor en sit in die yskas.

Sodra dit verder gestol het, strooi die groenvye, okkerneute en kersies bo-oor die rooi jellie.

Gooi nou die helfte van die vla oor.

Herhaal die proses en gebruik nou die groen jellie.

 

Developed by Webclick     |     Hosted by Websurf